Tierhaai

Tierhaai
Tydperk:
Vroeë Mioseen – hede
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Chondrichthyes
Orde: Carcharhiniformes
Familie: Carcharhinidae
Genus: Galeocerdo
Spesie:
G. cuvier
Binomiale naam
Galeocerdo cuvier
Péron & Lesueur, 1822
Verspreiding
Sinonieme

Squalus cuvier Peron en Lessueur, 1822
Galeocerdo tigrinus Müller en Henle, 1837

'n Tierhaai wat in 1966 in Oahu, Hawaii gevang is.

Die tierhaai (Galeocerdo cuvier) is 'n groot haaispesie wat vanaf Valsbaai tot by Mosambiek aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Dit is een van die min haaie wat gevaarlik is vir mense. In Engels staan die haai bekend as die Tiger shark.

Die volwasse haaie het donkerder, vertikale strepe oor die rug. Hulle het 'n knipvlies ('n membraan wat oor die oë kan beweeg), twee rugvinne, 'n buikvin en vyf kieusplete. Die tierhaai het ook 'n opvallende kort en stomp snoet. Die haai word tot 5,5 m lank en 900 kg swaar. Uitskieters kan nog groter en swaarder word, maar dit is uiters skaars.

Die tierhaai behoort aan die familie Carcharhinidae en is die enigste spesie in die genus Galeocerdo.

Dié haai is 'n gewilde toeriste-aantreklikheid vir skubaduikers by die Aliwal-bank.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search